Richard John van Zyl
Richard John van Zyl
“Great fun. See-en-Sand builds character and personality. Graduates emerge more resilient, mentally stronger, better equipped to handle the challenges and opportunities that life will expose them to. All SA adolescent kids should get to enjoy such adventure and personal growth. If you can, sponsor a kid."
Elna Steenkamp
Elna Steenkamp
“Ek het nou al so lank gewig en geweeg oor hoe om my dankbaarheid te bewoord. Ek is so ongelooflik trots op my kind wat terug gekom het van die week se lewensredding kursus daar by julle. Sy het definitief haarself ontdek en weet dat daar geen beperkinge deur enigeen op haar gesit kan word nie en geen lable om haar nek gehang kan word, wat sy nie self voor kies nie. Baie dankie vir jaar na jaar se groot gees, groot aanmoediging en groot hoogte. Ek glo daar gaan nog n paar Steenkamps deur die jare daar by julle draai.”
Catherine Normand Michell
Catherine Normand Michell
“Firstly, I want to thank you and your See-en-Sand team for what really was a life changing experience for Emma. She loved every minute (kind of), and it honestly has been the best thing to happen for her this year. So, thank you all!”
Ian Mocke - Hoёrskool Stellenbosch; Graad Hoof
Ian Mocke - Hoёrskool Stellenbosch; Graad Hoof
“Hoёrskool Stellenbosch neem sedert 2004 gereeld sy senior leerders na See-en-Sand vir n Graad Kamp. Dit is vir die seuns en meisies 'n ongelooflike positiewe ervaring. Elke leerder word geakkommodeer en kom terug met stories wat entoesiasties oorvertel word. By die kamp word leerders voor uitdagings geplaas en spanwerk is van groot belang. Dis nogals verrassend om te sien wie die waagmoediges in die groep is en wie leiding neem.
Die kamp bied vir Graad 11-leerders die geleentheid om mekaar beter te leer ken, veral aangesien hul later in die jaar verkies word tot leierskapposisies in die skool. Daar ontwikkel ook 'n besondere band tussen die groep.
Henk het'n besonderse manier waarop hy die kampe aanbied en ook lewensvaardighede by elke aktiwiteit inwerk. Dit maak'n blywende inpak op die leerders. Die personeel kry die geleentheid om die leerders waar te neem en beter te leer ken buite klasverband sonder om aktief by die aanbiedinge betrokke te wees.”
Carla Vorster – Curro Hermanus; Onderwyser
Carla Vorster – Curro Hermanus; Onderwyser
“We embarked on an adventure hike which was arranged specifically for students enrolled for the President’s Award Program but was not limited to them only - we invited all students who like adventure and the outdoors to join. We were a group of about 30 students and 4 teachers. The hike was led by Henk Esterhuysen, a lifesaving instructor from See-en-Sand. The hike stretched over two days where students completed 24 kilometres, walking along the cliff path as well as doing a part of it along the beach on the sand.
On behalf of Curro Hermanus, I would like to thank Henk and his team at See-en Sand for a spectacular and memorable hike! The students learned so much about the ocean, about themselves, and teamwork! We really enjoyed our time with See-en-Sand and would definitely recommend a See-en-Sand adventure camp to any school or institution that wants its students to have a similar experience.”
Bea Moller
Bea Moller
”Dit was ’n great ondervinding vir die kinders en hulle het swaargekry, maar het ongelooflik baie geleer – ook van hulself en uithou en aanhou. Hulle kan steeds nie uitgepraat raak nie. Julle doen ’n great job.”
Merelda Britz
Merelda Britz
”Dit was ’n great ondervinding vir die kinders en hulle het swaargekry, maar het ongelooflik baie geleer – ook van hulself en uithou en aanhou. Hulle kan steeds nie uitgepraat raak nie. Julle doen ’n great job. Gerdéan het die See-en-Sand ervaring vreeslik geniet. Hy het so veel gegroei en ontwikkel en ek geniet my kind weer na 'n vreeslike moeilike twee jaar. See-en-Sand was beslis ook nog 'n bydrae tot sy ontwikkeling.”